top of page

Getuienisse en Stories in Afrikaans


Maryna Bester (sekretaresse by die skool)

Leandrè, Graad R dogter. Maryna sê oor Leandre:

Haar gedrag het verander sy is netjies by die huis en sal altyd als mooi wegpak en bymekaar sit. Ek onderskat haar baie baie dinge kan sy doen wat ek soms dink sy is nog te jonk om te doen. Sy het al baie geleer en smeer self haar broodjie en trek haarself aan. Sy wil altyd help met die skottelgoed help en sy hou van werk en skoonmaak selfs in die klas. Bly soms agter na skool om te help skoonmaak. Sy hou baie van stories lees. As sy sien ek doen iets verkeerd dan vertel sy eerder hoe dit gedoen moet word. Daar is regtig vordering en sy verstaan Wiskunde baie goed en kan getalle identifiseer. Sy verbaas my regtig sy ken al die vorms en al die kleure.



Miena Erns ouma van Janine Hansen. 4jaar oud, raak Julie 5. Dis haar tweede jaar by Klippies.

Ek ervaar dat Jeanine baie goed geleer word en dat sy bevorder en groei, wanneer Janine huis toe kom in die middae sal sy gevra word wat hulle doen dan noem sy tandeborsel, slaap, eet, speel, sing en wat sing hulle? Hulle beweeg terwyl hulle sing en is nie stout by die huis nie en vang vining iets op. En toe gee Miena vir haar n papier en potlood en dan teken sy en sy hou baie van knip en leer dit ook by die skool. 

Vraag: Enige gedragsveranderinge by jou kleinkind?

Daar is tye wat sy se dat die kinders haar seermaak maar dan soms sal sy dieselfde terugdoen. Sukkel soms om te deel. 

Ek hou baie van die onderwyseresse hulle is altyd vriendelik en almal in die gemeenskap is gelukkig met hulle. Al die Klippies personeel is altyd vriendelik.Ek is baie tevrede dat sy hier is.

As ek hartseer is dan sal Janine vra wat is fout? Janine sal dan altyd mooi na haar kyk en compassion hê. Sy gee graag drukkies en sien raak as iemand seer het.



Leonie Strauss

Lindsay 4 jaar oud. Al twee jaar by die skool. 

Leonie sê: Daar is baie goed wat ek optel by die huis. Elke dag sien ek n verandering. Gisteraand self brodjie geneem en broodjie gemaak en geeet. Baie meer liefdevol en sing elke aand vor sy gaan slaap. Sy maak die huis skoon wanneer sy by die huis kom terwyl sy sing. Sy dans en sing as sy by die huis kom. Sy leer Xhosa so deur die tyd en praat al baie. Sy is baie gelukkig en sy was baie skaam en is meer vol selfvertroue vandat sy by die skool is. Sy hou baie van kos maak. Sy help altyd vir Leonie. Omdat Leonie weet

wat hier geleer word laat sy haar toe om te help in en rondom die huis. Sy help eier klits. 





 
 
 

Comments


bottom of page